Teeleend
Die teeleend (Anas capensis) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika. IdentifikasieGrootte: 44–48 cm. Hierdie eend is die vaalste eend wat in Suid-Afrika voorkom. Die teeleend is hoofsaaklik grys met 'n bruin rug en pienk op die snawel. Die eend het 'n gespikkelde kop. Jong voëls besit nie die rooskleurige kleur op die snawel nie. HabitatDie habitat is oop areas van vars- sowel as soutwater. Hulle verkies vlak water en kom in klein swerms voor. DieetVoedsel bestaan uit waterplante sowel as klein ongewerwelde gediertes. BroeigewoontesDie nes is altyd op die grond, naby die water en uitgevoer met dons. VerspreidingDie teeleend kom in die meeste dele van Suidelike Afrika voor, maar hoofsaaklik in die droë weste van die streek. Veral Wes-Kaapland. GeluidDie mannetjie-eend uiter 'n duidelike fluit, maar die wyfie-eend 'n sagte kwêk. Ander name
Sien ook
Bronnelys
|