Rot (astrologie)![]() Die Rot (鼠, zǐ) is die eerste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Rot word verbind met die Aardse taksimbool 子. BeskrywingVolgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Kat en die Rot besluit die vinnigste manier om oor die rivier te kom, was op die rug van die Os. Hy was goedhartig genoeg om dit toe te laat. Halfpad deur die rivier het die Rot die Kat van die Os se rug afgestamp. Op die oorkantse oewer het hy van die Os se rug afgespring en na die eindstreep gehardloop. So het hy die eerste plek behaal. Die Kat het intussen verdrink en het nie die siklus gehaal nie. Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is. Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Rot is van 23:00 tot 01:00 – die tyd wanneer rotte op hul aktiefste is in hul soeke na kos. In Chinese simbologie word Rotte beskou as aanpasbaar, slim en versigtig, maar ook skugter, onstabiel en strydlustig. Jare en die Vyf ElementeMense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Rot gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]
Rotte en hul maats
Basiese astrologiese elemente
Sien ookVerwysings
Eksterne skakels
|