Peter Buwalda
Peter Buwalda (30 Desember 1971,[1] Brussel) is 'n Nederlandse skrywer en rubriekskrywer. Buwalda was voorheen 'n joernalis en redakteur by verskeie uitgewerye. Hy [2] is die mede-oprigter van die tydskrif Wah-Wah. Daarnaas skryf hy essays en verhale vir literêre tydskrifte soos Bunker Hill, De Gids, Hollands Maandblad en Vrij Nederland. In 1996 maak hy - as toentertydse redakteur van die Kafka-katern[3] - opslae met die essay Een omleiding wegens kuilen in De Gids, wat oor Bruno Schulz, Franz Kafka en Leopold von Sacher-Masoch handel. In September 2010 debuteer hy met die roman Bonita Avenue wat uitgegee word deur De Bezige Bij en in Afrikaans vertaal word deur Zandra Bezuidenhout onder 'n gelyknamige titel (uitgegee in 2017 deur Protea Boekhuis). Op 22 September 2011 wen hy die Academica Debutantenprijs.[2] Op 30 Oktober 2011 wen hy ook die Selexyz debuutprys.[4] Hy wen verder ook die Tzumprijs in 2011 en die Anton Wachterprys vir die beste debuutroman in 2012. Bonita Avenue is in Duits en Frans (2013), Engels, Hongaars en Yslands (2014), en in Portugees en Deens (2016) vertaal, bykomend tot die Afrikaanse vertaling (2017). In Maart 2019, nege jaar na sy debuut, verskyn sy tweede roman, Otmars zonen.[5] In hierdie roman keer hy terug na die atmosfeer en gevoelswêreld van sy debuutwerk: Enschede en die kampus van die universiteit.[6] Publikasies (keur)
Verwysings
Eksterne skakels
|