Groupe PSA
Die Groupe PSA (in Afrikaans, Groep PSA; afgekort PSA; soms Peugeot-Citroën genoem; vorige naam, 1991–2016, PSA Peugeot Citroën) was 'n multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig het. PSA staan vir Peugeot Société Anonyme. Dit het in Jan 2021 met Fiat Chrysler saamgesmelt om die multinasionale Stellantis te vorm. Die belangrikste fabrieke is geleë in Europa (Frankryk, Spanje, Portugal, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, Italië), in Asië (Turkye, Iran, China), in Afrika (Marokko, Nigerië), en Latyns-Amerika (Brasilië, Argentinië). Die belangrikste markte vir PSA in 2014 was in Wes-Europa en China. PSA se aandele het sedert 23 Maart 2015 deel van die CAC 40-mandjie op die effektebeurs Euronext in Parys gevorm.[3] In 2015 het PSA 2 973 000 motors verkoop, 'n groei van 1.17% teenoor 2014.[4] Na 88 jaar van eienaarskap het General Motors Opel en Vauxhall Motors in 2017 aan die Franse motorvervaardiger PSA verkoop.[5]
Eksterne skakels
Verwysings
|