Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

C-SPAN

C-SPAN, 'n akroniem vir Cable-Satellite Public Affairs Network, is 'n Amerikaanse kabel- en satelliettelevisienetwerk wat in 1979 deur die Amerikaanse kabeltelevisie-industrie geskep is as 'n openbare diens. C-SPAN saai baie verrigtinge van die federale regering van die Verenigde State asook ander programme oor openbare sake uit. Die C-SPAN-netwerk sluit in drie televisiekanale (C-SPAN, C-SPAN2 en C-SPAN3), een radiostasie (WCSP-FM), en 'n groep webwerwe wat stromingmedia en argiewe van C-SPAN-programme bied. C-SPAN se televisiekanale is toeganklik vir ongeveer 100 miljoen huishoudings met kabel- of satellietontvangs binne die Verenigde State, terwyl WCSP-FM, ook bekend as C-SPAN Radio, op FM-radio in Washington, D.C. uitgesaai word en ook dwarsdeur die VSA op XM Satellite Radio, via aanlynstroming, en deur mobiele toeps vir iOS-, BlackBerry-, en Android-toestelle beskikbaar is.

Eksterne skakels

Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya